GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 40 min.

15 ml (1 e) olie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

300 g maer beesmaalvleis

300 g spinasie, stele verwyder en grof gekap

30 ml (2 e) soet sojasous

sout en vars gemaalde peper

500 g skilferkorsdeeg

1 eier, geklits

JOGURT

125 ml (½ k) Griekse jogurt

2 brandrissies, gekap

skil van 1 suurlemoen

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.

Verhit die olie en braai die knoffel tot geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.

  1. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Roer die sojasous by en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Skep uit en hou eenkant om af te koel.
  2. Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny in 4 gelyke blokke.
  3. Skep van die vulsel aan die een kant van ’n blok, verf die kante liggies met die eier en vou die ander kant van die deeg oor die vulsel. Seël die kante met ’n vurk.
  4. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  5. Sny ’n gleufie in die middel van elke pastei en verf met die eier.
  6. Pak op ’n bakplaat en bak 15-20 min. tot goudbruin en gaar.
  7. Jogurt Meng alles en sit voor saam met die pasteie.