Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

VULSEL

olie

1 ui, gekap

500 g maalvleis

250 ml (1 k) tamatiepuree

sout en peper

KORS

250 ml (1 k) mieliemeel

250 ml (1 k) koekmeel

30 ml (2 e) bakpoeier

2 ml (½ t) sout

60 g botter, gesmelt

1 eier, geklits

250 ml (1 k) melk

  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Spuit ’n oondvaste bak met kossproei.

  1. VULSEL Verhit ’n bietjie olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot halfgaar.
  2. Roer die tamatiepuree by en geur met sout en peper. Laat 10 minute prut, skep in die voorbereide bak en hou eenkant.
  3. KORS Sif al die droë bestanddele saam in ’n mengbak. Voeg die gesmelte botter, geklitste eier en melk by en meng goed.
  4. Skep die deeg oor die maalvleis en bak 25 minute tot die kors gaar is. Sit voor.