15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

500 g volstruismaalvleis

125 ml (½ k) beesvleisaftreksel

60 ml (¼ k) tamatiesous

2 ml (½ t) paprika

2 ml (½ t) rooipeper

Tabasco na smaak

1 blik (410 g) gebakte boontjies in tamatiesous

1 blik (400 g) rooi nierboontjies, afgespoel en gedreineer

2 soetrissies, in repies gesny

sout en peper

  1. Verhit die olie en braai die uie tot bruin.
  2. Voeg die maalvleis by en braai effens.
  3. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut tot gaar.
  4. Geur met die sout en peper en sit voor saam met pasta.