Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

30 ml (2 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

1 brandrissie, gekap

30 ml (2 e) Cajun-speserymengsel

500 g biefmaalvleis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

suiker

1 blik (400 g) rooi nierbone

sout en peper

4 tortillas

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en soteer die ui, knoffel en brandrissie.
  2. Roer die Cajun-speserymengsel en maalvleis in en hou aan roer tot die maalvleis verbruin het.
  3. Voeg die tamaties en suiker by na smaak en laat prut tot die maalvleis gaar is. Roer die bone in en geur met sout en peper.
  4. Plaas ’n tortilla in ’n veerpan; skep ’n derde van die maalvleismengsel oor. Herhaal dan die lae en eindig met ’n tortilla. Strooi die kaas oor en bak ’n halfuur.

- Hope Malau