growwe sout

4 groot eiervrugte, in stukke gesny

2 uie, in skywe

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) olyfolie

500 g maer beesmaalvleis

30 ml (2 e) tamatiepasta

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

30 ml (2 e) suiker

sout en peper

  1. Sout die eiervrugte, laat staan 30 minute en spoel af. Braai die uie en knoffel in die olie tot geurig.
  2. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Roer die tamatiepasta by en roerbraai effens. Meng die tamaties en eiervrugte deur en laat prut. Geur met die suiker, sout en peper.
  3. Sit voor op polenta.