Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

VULSEL

500 g maer beesmaalvleis

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

1 eier

sout en vars gemaalde peper

4 pitabrode

SALSA

100 g kersietamaties

1 rooi-ui, gekap

basilie en Griekse jogurt vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. VULSEL Meng die vleis, knoffel, komyn, koljander, eier en sout en peper goed. Verdeel in vier en smeer op die pitabrode.
  2. Oondbraai 20-25 minute tot die maalvleis gaar is.
  3. SALSA Meng die tamaties en die ui en verdeel tussen die brode.
  4. Sit voor saam met vars basilieblare en jogurt.