Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30 min. 

olie vir braai

1 ui, in fyn skywe gesny

1 liter (4 k) hoenderaftreksel

2 kaneelstokkies

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn koljander

500 ml (2 k) rys, afgespoel en gedreineer

0 ml (¼ k) gekapte droë perskes

400 g biefmaalvleis

sout en peper

’n hand vol vars pietersielie

125 ml (½ k) neute, gerooster (opsioneel)

  1. Verhit 15 ml (1 e) olie in ’n braaipan oor hoë hitte en soteer die ui 5 minute of tot goudkleurig.
  2. Bring die aftreksel, kaneel, borrie, komyn en koljander tot kookpunt in ’n kastrol oor hoë hitte en laat prut dan 5 minute.
  3. Voeg die rys en perskes by en laat prut tot die aftreksel amper deur die rys geabsorbeer is, sowat 15 minute.
  4. Voeg intussen nog ’n bietjie olie in die braaipan. Wanneer warm, voeg die maalvleis, sout en peper by en kook 8 minute of tot die vleis deurgaar is. Sit eenkant.
  5. Wanneer die rys gaar is, verwyder die kaneelstokkies en verplaas die rys na ’n opdienbord of bak. Voeg die gaar maalvleis by en roer liggies om te meng. Voeg die pietersielie en neute by en sit voor.