Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

15 ml (1 e) olyfolie

2 knoffelhuisies, in skywe gesny

1 ui, gekap

500 g maalvleis

250 ml (1 k) rys, gaar

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

400 g blik gekapte tamaties

’n hand vol koljander, gekap

  1. Verhit die olie in ’n groot braaipan oor hoë hitte. Voeg die knoffel, ui en maalvleis by en braai 5 min. of tot verbruin.
  2. Voeg die rys, aftreksel en tamatie by, bedek en verminder hitte tot laag. Kook nog 15 min. of tot die aftreksel geabsorbeer en die rys al dente is. Roer die koljander deur.