Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, gekap

500 g maalvleis

sout en peper

400 g baba-spinasie

250 g feta

250 ml (1 k) room

1 Verhit die olie en soteer die uie tot goudbruin.

2 Voeg die maalvleis, sout en peper by. Roerbraai tot die maalvleis gaar en bruin is.

3 Verminder die hitte en voeg die spinasie, feta en room by. Laat prut 2 tot 3 minute.

4 Sit voor saam met pap.