Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

15 ml (1 e) olie

2 uie, in skywe gesny

500 g maalvleis

45 ml (3 e) sojasous

45 ml (3 e) soet sojasous

200 g spinasie, in repe gesny

250 g eiernoedels, in kookwater geweek en gedreineer

vars babaspinasie en mikrokruie (opsioneel)

  1. Verhit die olie en braai die uie tot goudbruin.
  2. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.
  3. Roer die twee sojasouse by en laat 5 minute prut.
  4. Voeg die spinasie en noedels by en roerbraai tot die spinasie verwelk.
  5. Garneer met die vars babaspinasie en mikrokruie indien verkies. maalvleis in ’n pot