Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

4 groot aartappels, gekook tot net gaar

MAALVLEIS

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

300 g maer beesmaalvleis

50 g tamatiepasta

4-5 songedroogde

tamaties, gekap (opsioneel)

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) suiker

KAASMENGSEL

1 ui, gerasper

2 knoffelhuisies, fyngedruk

125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas

60 ml (¼ k) Griekse jogurt

30 ml (2 e) mayonnaise

SALSA

2 tamaties, in klein blokkies gesny

½ komkommer, in klein blokkies gesny

1 rooi-ui, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 230 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

Maalvleis Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.

Roer die tamatiepasta en songedroogde tamaties (indien gebruik) deur en roerbraai ’n paar minute. Geur met die sout, peper en suiker. Hou eenkant.

Kaasmengsel Meng al die bestanddele.

Sny elke aartappel in skyfies sonder om deur te sny. Sit elke aartappel versigtig op die bakplaat en vul elke gleufie met maalvleis. Versprei die kaasmengsel bo-oor en rooster 15-20 min. tot gesmelt.

Salsa Meng alles en sit voor saam met die aartappels en vars pietersielie.