500 g – 1 kg lamsvleis, ontbeen en in stukke gesny

1 knoffelhuisie, fyngedruk

sout en peper

60 ml (¼ k) olyfolie

3 takkies roosmaryn

60 ml (¼ k) dennepitte

HOEMOES

1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer

15 ml (1 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) vars dille

30 ml (2 e) olyfolie

30 ml (2 e) fyngedrukte knoffel

sout en peper na smaak

VIR VOORSIT

tortillas, in wiggies gesny

60 ml (¼ k) gesmelte botter

3 jalapeño-brandrissies, in skyfies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Plaas die stukke lamsvleis in ’n oondpan.

Vryf die vleis met die knoffel, geur dit goed met sout en peper en giet die olyfolie oor.

Voeg voeg die roosmaryntakkies en die dennepitte by.

Bedek die vleis met foelie en oondrooster ’n uur. Laat rus.

Skeur die vleis in happiegroot stukke en hou dit bedek met die foelie tot jy dit voorsit.

HUMMUS

Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.

VIR VOORSIT

Verf die tortilla-wiggies met gesmelte botter en verbruin hulle in die oond tot bros.

Sit die lamsvleis met die hoemoes en tortillas voor en garneer dit met die skyfies jalapeño.