Genoeg vir 4 mense

Bereiding 15 min

Gaarmaak 10 min

500-600 g lamslewer, velletjie verwyder en grootste pypies verwyder

Halwe ui, gerasper

Bietjie broodkrummels

Sout en peper na smaak

Olie vir braai

1 Maal die lewer in die voedselverwerker tot fyn. Voeg die uie en net genoeg broodkrummels by om ‘n stewige koekie te vorm. Geur goed met sout en peper

2 Verhit bietjie olie in ‘n pan en braai lepelsvol daarvan in die olie tot bruin buite-om en gaar. Plaas die deksel op vir ‘n paar minute terwyl gebraai word. Sit voor saam met slaai.

SLAAI

Baba-spinasieblare

Handvol gekapte koljanderblare

1 of 2 appels, in stukkies gesny

Bloukaas-slaaisous of vrugte-jogurt

Meng al die bestanddele saam en sit voor met die lewerkoekies.

Wenk: Maak jou eie slaaisous deur bietjie suurlemoenskil en –sap saam met 1 gekapte knoffelhuisie by natuurlike romerige jogurt te meng.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.