Omskep eenvoudige hoenderlewer in ’n eiesoortige, heerlike maaltyd.

Genoeg vir 6

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

1 ui, fyn gekap

30 ml (2 e) olie

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) braaispesery

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

800 g hoenderlewer

400 g gekapte tamatie

400 g nierbone, gedreineer

5 ml (1 t) droë gemengde kruie

sout en peper

’n hand vol koljander, gekap

8 tortillas

BOLAAG

250 ml (1 k) mozzarellakaas, gerasper

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

125 ml (½ k) suurroom

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n veerkoekpan.

  1. Soteer die ui in die olie in ’n pan oor matige hitte. Roer die knoffel, braaispesery, koljander en brandrissievlokkies in. Voeg die hoenderlewer by en hou aan roer tot die kleur verander. Gooi die gekapte tamatie in en laat prut.
  2. Voeg die bone en kruie by en laat 10 min. liggies prut terwyl jy af en toe roer tot die lewer baie sag is. Geur en roer die koljander in.
  3. Laat pas 1 tortilla in die bakskottel en skep genoeg sous oor om dit te bedek. Herhaal met die res van die tortillas en die hoenderlewermengsel.
  4. Bolaag Meng die bolaagbestanddele, bedek die tortillas en bak 15 min. of tot borrelend en goudkleurig.
  5. Laat staan 5 min. voor jy dit sny.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander