Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 50 minute 

500 g varkribbetjies, in blokkies gesny (vra jou slagter om dit te doen)

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

60 ml (4 e) botter

250 ml (1 k) koekmeel

250 g beeslewer, in blokkies gesny

2 uie, gekap

4 groot aartappels, in kwarte gesny

1 blik (410 g) gekapte tamaties

500 ml (2 k) vleisaftreksel

250 g sampioene, gekap

280 g pikantrissies, gekap

1 Geur die ribbetjies met die sout en peper. Verhit die helfte van die olie en botter in ’n groot kastrol en braai die ribbetjies tot goudbruin. Verwyder en sit eenkant.

2 Geur die meel met die sout en peper en rol die lewer daarin om te bedek. Skud die oortollige meel af en braai die lewer weerskante ’n paar sekondes in die kastrol. Verwyder en sit eenkant.

3 Vee die kastrol uit, verhit die oorblywende olie en botter en braai die uie tot goudbruin.

4 Voeg die ribbetjies, lewer, aartappels en tamaties by, roerbraai 2 minute en voeg dan die aftreksel by. Verminder die hitte en laat prut 30minute of tot die aartappels amper sag is.

5 Voeg die sampioene en pikantrissies by en laat prut nog 10 minute.

6 Sit voor saam met Franse brood of rys.