2 uie, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

15-30 ml (1-2 e) masala

15 ml (1 e) olie

250 g maalvleis

125 ml (½ k) aftreksel

375 ml (1 ½ k) gaar bruinlensies

15 ml (1 e) suiker

pietersielie

400 g broskorsdeeg

melk

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Braai die uie, knoffel en masala in die olie.
  2. Voeg die vleis by; braai effens. Voeg die aftreksel en lensies by. Geur met die suiker en pietersielie. Laat prut.
  3. Druk deegsirkels uit. Skep die vulsel op elke tweede sirkel. Verf die kante met die melk, sit ’n sirkel bo-op en knyp vas. Verf en bak 25-30 minute.