Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-30 minute

30 ml (2 e) olie

1 ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, gekneus

3 wortels, skoon geskraap en in skywe gesny

500 ml (2 k) bruin- of rooilensies

1 liter (4 k) water

1 lourierblaar

sout en vars gemaalde peper

5 ml (1 t) droë, gemengde kruie

3 Russiese worsies, in skyfies gesny

30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap of heel vir garnering

groenslaai vir voorsit (opsioneel)

  1. Verhit die olie en braai die ui, knoffel en wortels sowat 5 minute.
  2. Voeg die lensies, water en lourierblaar by en verhit tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en laat prut tot die lensies gaar is. Geur met die sout, peper en gemengde kruie.
  3. Braai die Russiese worsies ’n paar minute in ’n pan tot goudbruin en roer dit by die lensiemengsel in. Garneer met vars pietersielie.
  4. Sit voor saam met ’n groenslaai indien verkies.