Lewer 6 sosaties

Bereiding: 20 Minute

gaarMaaktyd: 15 Minute

Marineertyd: 1 uur oF oornag

staantyd (slaai): 30 Minute

Marinade

1 klein bossie ment, gekap

10 ml (2 t) gekapte origanum

4 knoffelhuisies, gekap

halwe bossie stingeluie, gekap

sap en skil van 1-2 suurlemoene

5 ml (1 t) elk fyn komyn en koljander

500 ml (2 k) natuurlike jogurt

sout en peper

Kebabs

1 kg lamsboud, in groot blokke gesny

12 piekeluitjies, in die helfte gesny

Slaaisous

2 cm-stuk gemmer, gerasper

1 knoffelhuisie, gekneus

60 ml (¼ k) olyfolie

45 ml (3 e) suurlemoensap

gekapte koljander

knippie suiker

Slaai

1½ kop blomkool of broccoli

kwart kopkool, in dun repies gesny

¼ komkommer, in dun stokkies gesny

4 stingeluie, gekap

Vir Voorsit

6 tortillas

ekstra Griekse jogurt met olyfolie

  1. MARINADE Meng alles saam en laat die vleis 1 uur daarin marineer, maar verkieslik oornag.
  2. KEBABS Ryg die vleis en piekeluitjies aan stokkies, geur met sout en peper en braai in ’n riffelpan
  3. of op die kole of rooster in die oond tot gaar. Verf met olyfolie.
  4. SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam.
  5. SLAAI Meng al die bestanddele en giet die sous oor. Laat 30 minute staan.
  6. VIR VOORSIT Sit sosaties voor saam met slaai in ’n warm tortilla.