Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 25 min.

VRYFMENGSEL

2 anyssterre

5 ml (1 t) vinkelsaad

5 kardemompeule

1 kaneelstok

5 ml (1 t) koljandersaad

2 ml (½ t) rooi brandrissievlokkies

5 ml (1 t) fyn neutmuskaat

sout en peper

30 ml (2 e) olie

PAMPOENKOESKOES

500 g pampoen, in blokkies gesny

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

250 ml (1 k) koeskoes

TJOPS

8 lamstjops

olie

geblikte tamatie met brandrissie vir voorsit

  1. Vryfmengsel Maal die speserye, sout en peper redelik fyn met ’n stamper en vysel. Voeg die olie by en meng tot ’n pasta.
  2. Pampoenkoeskoes Kook die pampoen en aftreksel 15 minute in ’n pot oor matige hitte of tot sag. Dreineer en hou die vloeistof.
  3. Meet 500 ml (2 k) van die oorgehoude vloeistof af en giet dit oor die koeskoes. Bedek en laat die koeskoes die vloeistof absorbeer.
  4. Tjops Smeer die vryfmengsel oor die tjops. Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die tjops 4 minute weerskante of tot gaar na jou smaak.
  5. Roer die koeskoes en pampoen saam en sit voor saam met die lamstjops en tamatie met brandrissie.