Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 15 minute

KRUISEMENTSOUS

10 ml (2 t) gemaalde gemmer

80 ml (? k) gekapte vars kruisement

60 ml (¼ k) gekapte vars koljander

1 groen brandrissie

2 ml (½ t) vyfspeserypoeier

15 ml (1 e) heuning

60 ml (¼ k) ryswynasyn

125 ml (½ k) olie

sout en peper

VLEIS

6 lamstjops

1 Kruisementsous: Verwerk die sousbestanddele in ’n voedselverwerker tot ’ n gladde puree. Proe en pas die hoeveelheid geurmiddels aan na smaak.

2 Vleis: Plaas die tjops in ’n seëlbare sak, giet 45 ml (3 e) van die kruisementsous in en laat ’n uur marineer in die yskas.

3 Voorverhit die rooster tot matig hoog. Rooster die tjops vyf minute weerskante.

4 Verplaas die tjops na borde en skep die oorblywende kruisementsous oor. Sit voor met rys.

- Hope Malau