Genoeg vir 4

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4 lamstjops

30 ml (2 t) olyfolie

½ suurlemoensap

sout en vars gemaalde swartpeper

1 eiervrug, in skywe gesny

ERTJIES

400 g bevrore ertjies, gekook

Hand vol vars kruisement, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

1    Bestrooi die tjops met 15 ml (1 t) olyfolie, die suurlemoensap, sout en peper. Verhit ’n pan en braai die tjops tot gaar na smaak. Verwyder van hitte en laat staan eenkant.

2    Borsel die eiervrugskywe met die oorblywende olie en kook 5 minute in dieselfde pan.

3    ERTJIES: Verwerk die ertjies, kruisement, sout en peper met ’n handmenger om ’n dik  purée te vorm.

4    Sit die lamstjops met die eiervrug en kruisementgegeurde ertjies voor.

- Hope Malau