Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 30 minute

Staantyd: 2 uur of oornag

Gaarmaaktyd: 30 minute

1 lamsribstuk (8 tot 9 ribbe)

60 ml (¼ k) olyfolie

5 knoffelhuisies, fyngedruk

2 takkies roosmaryn, gekap

4 takkies tiemie, gekap

seesout en vars gemaalde swartpeper

PESTO

250 ml (1 k) pampoensaad

3 knoffelhuisies

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

’n klein hand vol kruisement

15 ml (1 e) suurlemoensap

125 ml (½ k) olyfolie

sout en peper

  1. Maak die bokant van die ribbebene skoon deur die vleis en senuwee met ’n skerp mes weg te skraap. Sny die ribstuk middeldeur.
  2. Meng die olyfolie, knoffel, roosmaryn en tiemie in ’n bak. Vryf die vleis met die mengsel, draai in kleefplastiek toe en marineer 2 uur of verkieslik oornag.
  3. Voorverhit die oond tot 190 °C.
  4. Skraap die kruie van die lamsvleis af. Verhit ’n groot braaipan tot warm en skroei die vetterige kant van die vleis tot goudkleurig. Verplaas na ’n roosterpan en rooster 20 minute. Laat rus voor jy dit voorsny. Geur met seesout en swartpeper.
  5. Pesto: Plaas die pampoensaad op ’n bakplaat en rooster 4 minute of tot geurig in die oond. Haal uit die oond en laat afkoel.
  6. Verwerk die pampoensaad en knoffel in ’n voedselverwerker tot fyn. Voeg die parmesaankaas, kruisement en suurlemoensaad by en verwerk tot goed gemeng en dik. Voeg die olyfolie by en geur met sout en peper.
  7. Sit die lamsvleis saam met die pesto en fyn aartappels voor.