KORS

1 klein bossie Italiaanse pietersiele

1 klein bossie vars koljanderbalre

5 ml (1 t) kappertjiesaad

2 knoffelhuisies, fyngedruk

60 ml (1/4 k) olyfolie

30 ml (2 e) rooiwynasyn

1 ml (¼ t) peperkorrels

Handvol droë wit broodkrummels (sowat 20 gram)

VLEIS

2 lamsrakke, beentjies skoongemaak

olyfolie

Sout en peper na smaak

AARTAPPELS

500 grams baba-aartappels, gehalveer

1 kop knoffel, in huisies gebreek

150 g mini-chorizo worsies, dermpies verwyder en gehalveer

Ongesoute botter

VIR VOORSIT

Vars aspersies, gaargestoom

Vars gerasperde parmesaankaas

  1. Meng al die bestanddele vir die kors behalwe die broodkrummels in ‘n voedselverwerker tot glad. Hou 60 ml (1/4 k) van die sous eenkant.
  2. Voeg die broodkrummels by die res van die sous en meng goed.
  3. VLEIS: Drup olyfolie oor die lamsvleis en geur met sout en peper.
  4. Verhit ‘n groot braaipan en braai die lamsrakke 3—4 minute tot goudbruin buite-om. Verwyder uit die pan en hou eenkant.
  5. Voorverhit die oond tot 200°C. Plaas die lamrak beenkant na onder, op ‘n roosterrakkie (van ‘n oondpan) en druk die krummelmengsel op die vleiskant. Oondbraai 8--10 minute tot net gaar en plaas op ‘n dienbord.
  6. AARTAPPELS: Bak aartappeltjies saam met knoffel, chorizo en bietjie botter in oond tot net sag.
  7. VOORSIT: Besprinkel aspersies met parmesaankaas.
  8. Sit die lamsrak voor met die aartappels, aspersies en oorskiet chimmichirri-sous.

Kyk Jy het ’n Wenresep! elke Woensdag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147).

Hierdie resepte is geskryf soos ontvang van die deelnemers en nie in die Wenreseptekombuis getoets vir korrektheid nie.