4 lamsrakke met 3 tjoppies elk

sout

50 ml Marokkaanse invryfmengsel

olie vir diepbraai

8 – 10 aartappels

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Geur die lamsrakke mildelik met sout en vryf die invryfmengsel goed in die tjoppies in.

Plaas die vleis op ’n bakplaat of in ’n oondpan en rooster sowat 18 – 25 minute tot die verlangde graad van gaarheid.

Verhit intussen genoeg olie vir diepbraai in ’n kastrol.

Sny die skille van die aartappels met sowat 5 mm aartappelvlees aan.

Braai dit in die warm olie in klein hoeveelhede tot bros en bruin.

Dreineer op papierhanddoeke en sit dit saam met die lamsrak voor.