Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 min.

Staantyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 1½ uur

VULSEL

1 ui, gekap

15 ml (1 e) olie

5 ml (1 t) knoffelsout

pas gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) basilieblare, gekap

250 ml (1 k) gaar koeskoes

30 ml (2 e) gekapte pikantrissies

80 ml (¹/³ k) gekapte swartolywe

VLEIS

1 ontbeende lamskouer of boud van sowat 1,7 kg

sout en peper

olie

BEDRUIPSOUS

1 takkie tiemie gerasperde skil van 1 suurlemoen

sap van 12 suurlemoene

250 ml (1 k) vleisaftreksel

45-60 ml (3-4e) uimarmalade

  1. Vulsel Meng al die vulselbestanddele
  2. Vleis Geur die vleis met die sout en peper en skep die vulsel op die vlesige deel van die lam. Rol op en bind vas met kombuistou. Vryf die buitekant met die olie in en geur weer met sout en peper.
  3. Sous Kook al die sousbestanddele in ’n klein kastrolletjie.
  4. Braai die lam in ’n koepelbraaier of op ’n braairooster op warm kole tot die vleis goed geseël is. Bedek met die deksel of tinfoelie en braai dit hoër en op stadiger kole tot dit gaar is – 1-1½ uur. Bedruip van tyd tot tyd met die sous. Kook die sous effens af, sny die vleis en sit voor saam met die sous.