Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Verkoel: 45 min.

Gaarmaak: 15 min.

Ras el hanout-speserymengsel

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) fyn gemmer

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) sout

’n knippie sout

’n knippie peper

2,5 ml (½ t) kaneel

2,5 ml (½ t) fyn koljander

KOFTAS

800 g lamsmaalvleis

10 groen olywe, ontpit en fyn gekap

’n hand vol pietersielie, gekap

15 ml (1 e) ras el hanout

15 ml (1 e) groente-olie

jogurt vir voorsit (opsioneel)

Slaai

2 komkommers

10 swart olywe

30 ml (2 e) balsemieke asyn

3 sprietuie

ekstrasuiwer olyfolie

½ suurlemoen

swartpeper

5 takkies vars kruisement

1 vars rissie, gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.

  1. Ras el hanout-speserymengsel Meng al die bestanddele in ’n klein bakkie.
  2. Koftas Meng die maalvleis, olywe, pietersielie en ras el hanout in ’n groot mengbak. Plaas vir 30 min. in die yskas om te rus.
  3. Verdeel die vleis in ewe groot balletjies en vorm en druk dit aan ’n lang sosatiestokkie. Plaas vir 15 min. in die yskas. Plaas die koftas in die oond en laat bak 15 min. of tot goudbruin en gaar.
  4. Slaai Meng al die bestanddele in ’n bak en plaas in die yskas. Sit voor saam met die warm koftas en jogurt (indien verkies).

Deur Hope Malau

Foto: David Briers