Deur Christa Adendorff 29/08/2013

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 – 35 minute

Genoeg vir 6

60 ml (¼ k) groenteolie

5 ml (1 t) komynsade

5 ml (1 t) koljandersade

2-3 lourierblare

4 kerrieblare

1 kaneelstokkie

4 kardamompeule

2 uie, gekap

5 ml (1 t) gemmer, fyngekap

5 ml (1 t) fyngekapte knoffel

10 ml (2 t) garam-masala

10 ml (2 t) blaarmasala

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) geroosterde masala

5 ml (1 t) rooipeper

2 x 410 g blikkies gekapte tamaties

500 g stukke lamsvleis

8 groot aartappels, in stukke gesny

5 ml (1 t) sout

vars koljander

  1. Verhit olie in ’n groot pot op matige hitte en “brand” die heel speserye tot dit begin skiet.
  2. Voeg die uie, gemmer en knoffel by en roer voortdurend tot die uie deurskynend is.
  3. Verminder die hitte, voeg die fyn speserye, gekapte tamaties en lamsvleis by, bedek en laat kook 15 tot 20 minute.

Voeg die aartappels en sout by en laat nog 10 tot 15 minute kook of tot die aartappels sag is. Sit voor met geurige wit rys en vars koljander.