Ontvries net weer heeltemal voor jy dit braai.

LEWER 6-8 KEBABS

Bereiding: 30 min.

Gaarmaak: sowat 15 min.

MARINADE

15 ml (1 e) gemmerwortel, gerasper

30 ml (2 e) gekapte koljanderblare

15 ml (1 e) fyn komyn

30 ml (2 e) blatjang

4 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) tamatiepasta

250 ml (1 k) Griekse jogurt

80 ml ( k) olyfolie

KEBABS

1 kg lamsboud, in groot blokke gesny

12 piekeluie, geskil

12 vars lourierblare

VIR VOORSIT

6-8 pitabrode, gerooster

gepiekelde rooi soetrissie, gebraaide eiervrugskywe, hummus met ekstra olyfolie en blareslaai

  1. Marinade Verwerk alles in ’n voedselverwerker tot glad.
  2. Kebabs Ryg die vleis, uie en lourierblare alternatiewelik los aan sosatiepenne.
  3. Laat marineer oornag in die sous.
  4. Verpak lugdig of bevries.
  5. Vir voorsit Ontvries; braai oor matige kole tot net gaar.
  6. Vul die pitabrode met stukke rooi soetrissie en eiervrugskywe en plaas ’n kebab bo-op.