Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur

300 g frambooskonfyt

skil en sap van 1 lemoen

60 ml (¼ k) appelsap

5 ml (1 t) fyngekapte gemmer

5 ml (1 t) fyngekapte knoffel

2 ml (½ t) mosterdpoeier

3 roosmaryn-takkies

2 kg lamsboud

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Verhit die konfyt, lemoenskil en -sap, appelsap, gemmer, knoffel, mosterd en 1 roosmaryn-takkie 5 minute of tot dik in ’n klein pot oor matige hitte. Haal die roosmaryn uit.

3 Breek die oorblywende roosmaryn in kleiner takkies en steek dit in die vleis.

4 Sit die vleis in ’n braaipan en verf met die konfytsous. Bedek met foelie en braai 1 uur. Bedruip ná 30 minute en haal vir die laaste 15 minute die foelie af.

5 Sit voor met aartappelslaai.

- Hope Malau