Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

Frikkadelle

2 knoffelhuisies

3 cm-stuk vars gemmer

1 groen brandrissie

1 ui

60 ml (¼ k) droë klapper

350 g lamsmaalvleis

sout en peper

Kerriesous

1 ui, gekap

2 cm-stuk vars gemmer, gerasper

15 ml (1 e) garam masala

5 ml (1 t) borrie

15 ml (1 e) olie

400 g-blik gekapte tamaties

1 kop blomkool, gebreek

45 ml (3 e) natuurlike jogurt

½ komkommer, gerasper

1. Pols die knoffelhuisies, gemmer, brandrissie en ui in ’n verwerker tot ’n pasta en meng die pasta met die klapper en maalvleis. Geur met die sout en peper, rol in frikkadelle en verkoel.

2. Kerriesous Braai die ui, gemmer, garam masala en borrie 5 min. in ’n pan met die olie. Roer die tamaties en ’n skeut water in en laat prut 5 min.

3. Voeg die frikkadelle by, bedek en laat prut 15 min. Voeg die blomkool by en laat stoom 5 min. in die pan.

4. Meng die jogurt en komkommer goed en geur met die sout en peper. Sit die frikkadelle voor met die jogurtmengsel daaroor geskep.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller