Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

VLEIS

30 ml (2 e) olie

1,5 kg ontbeende lamsboud, in blokkies gesny

NEUTPASTA

1 pakkie (100 g) gepelde amandels

of kasjoeneute, gerooster

45 ml (3 e) sesamsaad

5 cm-stuk vars gemmerwortel, geskil

4 knoffelhuisies, geskil

3 uie, in kwarte gesny

sap van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olie

SPESERYMENGSEL

15 ml (1 e) fyn koljander

15 ml (1 e) fyn komyn (jeera)

3 ml (ruim ½ t) borrie

2 ml (½ t) fyn naeltjies

6 kardemompeule (opsioneel)

2 heel kaneelstokke

200 ml (¾ k) natuurlike jogurt

10 ml (2 t) mielieblom

500 ml water

sout en swartpeper

VLEIS 

Verhit die olie in ’n pan en verbruin die vleis daarin.

NEUTPASTA 

Verwerk die neute, sesamsade, gemmer, knoffel, uie en suurlemoensap in ’n voedselverwerker tot ’n pasta.

Skep die vleis uit die pan, giet die olie in die pan, verhit en roerbraai die pasta omtrent 5 minute; roer aanhoudend om te keer dat dit aanbrand.

SPESERYMENGSEL 

Voeg die speserye by en roerbraai nog so 1-2 minute.

Voeg die vleis, jogurt waarby die mielieblom ingemeng is, en die water by.

Geur met sout en peper.

Bedek en laat 1-1½ uur stadig prut tot die vleis sag is.