Genoeg vir 2-4 porsies

4 groot varktjops

sout en vars gemaalde swartpeper

60 ml (¼ k) meel

5 ml (1 t) mosterdpoeier

2 ekstragroot eier, geklits

250 ml (1 k) droë broodkrummels

4 middelslag-aartappels

growwe sout

15 ml (1 e) salieblare, fyn gekap

olyfolie

olie vir vlakbraai

Voorverhit die oond tot 180 °C en geur die varktjops met sout en vars gemaalde swartpeper.

Meng die meel en mosterdpoeier en gooi in ’n groot, vlak bord.

Giet die geklitste eier en broodkrummels elk in ’n aparte bord.

Bedek elke varktjop met meel, dan eier en laastens broodkrummels.

Plaas die gekrummelde tjops op ’n gesmeerde bakplaat en laat rus vir ’n paar minute in die yskas.

Kook intussen die aartappels tot sag en dreineer.

Plaas die aartappels terug in die kastrol en druk hulle stukkend met ’n vurk (hou die skil aan en moenie heeltemal fyn druk nie.)

Geur die gebreekte aartappels  met growwe sout, salieblare en olyfolie en hou warm.

Verhit intussen die olie vir vlakbraai en braai die varktjops goudbruin aan albei kante.

Plaas die gebraaide tjops terug op die gesmeerde bakplaat en bak sowat 10-15 minute of tot gaar.

Sit voor saam met aartappels, gestoomde ertjies en mayonnaise.