GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 30 min.

45 ml (3 e) olyfolie

600 g kruisstuk, in dun skywe gesny

1 ui, fyn gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) paprika

30 ml (2 e) tamatiepasta

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

400 g-blik mieliepitte, gedreineer

2 tamaties, in kwarte gesny, pitte verwyder, en in dun repe gesny

’n hand vol vars koljander, gekap

sout en vars gemaalde peper

4 tortillas

  1. Verhit ’n braaipan oor matige hitte. Voeg 15 ml (1 e) olyfolie by en braai die kruisstukskywe in sarsies tot verbruin. Plaas dit op ’n bord en sit eenkant.
  2. Voeg die ui, knoffel, brandrissiepoeier, komyn en paprika in die pan en braai 2 min. terwyl jy roer. Plaas die kruisstukskywe terug in die pan en voeg die tamatiepasta by. Braai 2 min. terwyl jy aanhoudend roer.
  3. Giet die aftreksel in en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 15 min. of tot die vloeistof amper verdamp het.
  4. Meng die mieliepitte, tamaties, koljander en oorblywende olyfolie in ’n bak. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
  5. Plaas ’n tortilla op ’n plat oppervlak. Skep die kruisstukmengsel net links van die middel. Bedek met die mieliepitmengsel en rol op. Herhaal met die oorblywende tortillas.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander