Minder as 45 minute Bedien: 4 Hoofbestanddeel:

Bees- en skaapvleis

Bestanddele

Smeer

1 teelepel gemaalde peper

2 eetlepels heel koljandersade

3 ml rissievlokkies

3 medium knoffelhuisies

2 takkies tiemie

2 takkies roosmaryn, plus ekstra om ’n kwassie te vorm

Hoofbestanddele 1 kg verouderde kruisskyf 2 koppies olie, vir diepbraai 8 groot aartappels, geskil en in dik skywe gesny 1 knippie gemaalde sout en peper Metode

Plaas al die bestanddele in ’n stamper en vysel (of gebruik ’n swaar bak en ’n koekroller) en maal fyn totdat alles goed gemeng is.

Plaas die steak in die smeer en laat vir ten minste een uur marineer.

Verhit 4 cm olie in ’n braaipan en braai die skyfies tot gaar. Dreineer op kombuispapier en gooi sout en peper oor.

Maak die steaks oor baie warm kole gaar.

Laat die steak vir ten minste 5 minute rus voordat jy dit sny en saam met die skyfies en ’n groenslaai bedien.

KLIK HIER vir meer resepte van PicknPay.