TJOPS

400 g varktjops, in dik skywe gesny

sout

2 rooi brandrissies, ontpit envgekap

10 ml (2 t) gerasperde vars gemmer

60 ml (¼ k) koljanderblare, gekap

15 ml (1 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) olyfolie

ekstra olie

NOEDELS

150 g rysnoedels, gekook en

gedreineer

30 ml (2 e) soetsojasous

hand vol vars koljanderblare,

gekap

  1. TJOPS Geur die vleis met die sout. Meng die brandrissies, gemmer, koljander, suurlemoensap en olyfolie en giet oor die tjops.
  2. Marineer 30 minute. Panbraai in die ekstra olie tot gaar.
  3. NOEDELS Meng al die bestanddele vir die noedels en sit voor saam met die tjops.