Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15 min.

SOUS

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

15 ml (1 e) sojasous

15 ml (1 e) suiker

15 ml (1 e) moutasyn

30 ml (2 e) tamatiepasta gemeng met 30 ml (2 e) water

15 ml (1 t) mieliemeelblom

BEDEKKING

2 eiergele

15 ml (1 e) sojasous

60 ml (4 e) mieliemeelblom

VARK

90 ml (6 e) olie

300 g varkfilet, in happiegrootte-blokkies gesny

8 droë sterk brandrissies, gekap

5 cm stuk gemmer, fyngemaal

3 knoffelhuisies, in skywe gesny

6 sprietuie, gekap

  1. Sous: Meng die bestanddele in ’n bakkie en sit eenkant.
  2. Bedekking: Meng die eiergele, sojasous en mieliemeelblom in ’n middelslag bak.
  3. Vark: Voeg die vleis by die bedekkingsmengsel en roer tot gemeng.
  4. Verhit die helfte van die olie in ’n wok of groot pot oor hoë hitte. Voer ’n bakplaat met papierhanddoeke uit om die gaar vleis te dreineer.
  5. Wanneer die olie warm is, voeg sowat ’n derde van die vark by en skei dit dadelik met eetstokkies of ’n vurk. Braai tot goudbruin. Verwyder met ’n gaatjieslepel uit die warm olie en verplaas na die gevoerde bakplaat. Herhaal met die oorblywende vark. Gooi die olie weg en vee die wok of pot uit.
  6. Verhit die oorblywende olie 1 minuut in die wok of pot oor hoë hitte. Voeg die brandrissies by en kook tot dit amper swart word. Voeg die gemmer by en roerbraai 30 sekondes. Voeg dan die knoffel, al die vark en die sprietuie by.
  7. Roer die sous in die bak, voeg dit die vark by en roerbraai 1 minuut.
  8. Sit voor met rys.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers