Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak : 1 uur 30 min.

2 uie, in dik skywe gesny

3 knoffelhuisies, grof gekap

2 wortels, in stukke gesny

2 takkies roosmaryn

1 kg beeskortribbetjies

sout en swartpeper

15 ml (1 e) meel

300 ml bier

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

5 ml (1 t) suiker

45 ml (3 e) soetbrandrissiesous

skyfies vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Sit die uie, knoffel, wortels en roosmaryn onderin ’n baksakkie in ’n roosterpan.
  2. Geur die ribbetjies met sout en peper en bestuif met die meel. Sit dit op die groente in die sakkie.
  3. Giet die bier oor, verseël die sakkie en bak 90 min. in die oond tot die ribbetjies sag is. Hou die sous en groente.
  4. Sit die sak se inhoud in ’n pot en voeg die mosterd, suiker en soetbrandrissiesous by. Plaas oor lae hitte en laat prut tot dik. Sit voor saam met gebakte skyfies.

Deur Hope Malau

Foto: David Briers