Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 2-3 uur

Hittegraad: laag

Pleks van sout en peper op die tafel, doop jy die ribbetjie in tuisgemaakte sesamsout terwyl jy smul.

BRAAIMARINADE

halwe groenerige peer, ontkern, maar ongeskil

125 ml (½ k) water

60 ml (4 e) sojasous

45 ml (3 e) sesamolie

15 ml (1 e) rysasyn

15 ml (1 e) teriyakisous

3 knoffelhuisies, skoongemaak

’n hand vol gekapte pietersielie of koljander

VARK

1 varkribbetjie met liesgedeelte

sout en peper

Kap al die bestanddele vir die sous saam in ’n voedselverwerker, giet oor die vleis en laat lê die ribbetjies minstens ’n uur daarin.

Geur ligweg met sout en peper en sit met die vetkant na onder hoog bo stadige kole.

Braai sowat ’n uur, draai om en braai tot gaar. Bedruip met die sous.

Sesamsout

45 ml (3 e) sesamsaad

5 ml (1 t) seesoutvlokkies

Braai die sesamsaad in ’n droë pan tot goudbruin. Meng met die seesout.

Gebruik as doopsout saam met die vleis.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot, 12 November 2009.