• 15 ml (1 e) olie
  • 400-500 g varkneksteaks of -filette, in repe gesny
  • sout en peper
  • 4 wortels, geskil en gerasper
  • ½ kopkool, gerasper
  • 30 ml (2 e) sojasous
  • 15 ml (1 e) bruinsuiker
  • 15 ml (1 e) appelof rysasyn
  • 300 g spinasie, gesnipper
  • 50 g grondbone
  1. Verhit die olie.
  2. Geur die vark met die sout en peper.
  3. Braai bietjiesbietjies tot amper gaar.
  4. Voeg die ander bestanddele (buiten die spinasie en grondbone) by.
  5. Roerbraai ’n paar minute.
  6. Meng die spinasie deur. Strooi die grondbone oor.
Sit voor met jasmynrys of eiernoedels.