Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: sowat 1½ uur

Gaarmaaktyd: sowat 20 minute

Staantyd: 1 uur

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 cm vars gemmerwortel,

gerasper

250 ml (1 k) gekapte koljander

1 groen brandrissie, gekap

3 ml (ruim ½ t) borrie

10 swartpeperkorrels sout 500 ml (2 k) natuurlike jogurt 30 ml (2 e) olie 4-6 lamstjoppies

  1. Plaas die knoffel, gemmer, koljander, brandrissie, borrie, peper en sout na smaak in ’n voedselverwerker en maak goed fyn tot ’n pasta vorm.
  2. Meng die pasta met die jogurt. Giet oor die tjops en marineer ’n uur.
  3. Braai op warm kole tot net gaar. Draai gereeld om.
  4. Sit voor met oondgebakte aartappelskyfies en slaai.
Blitswenk: Meng koljanderpesto by die jogurt in vir ekstra koljandergeur.