Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Verkoeltyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

VLEISKOEKIES

500 g beesmaalvleis

1 eier

125 ml (½ k) broodkrummels

5 ml (1 t) gemaalde, geroosterde koljandersaad

15 ml (1 e) olie

sout en peper

UIE

2 uie, in skywe gesny

15 ml (1 e) suiker

15 ml (1 e) botter

5 ml (1 t) olie

BURGER

4 broodrolletjies

slaaiblare

’n hand vol koljanderblare

  1. VLEISKOEKIES Meng al die bestanddele behalwe die olie en vorm 4 koekies. Laat 15 minute verkoel.
  2. Braai gaar in die olie en geur met die sout en peper.
  3. UIE Braai die uie en suiker in botter en olie tot gekaramelliseer.
  4. BURGER Plaas ’n halwe broodrolletjie op elkeen van 4 borde. Pak slaaiblare op elkeen,
  5. gevolg deur ’n vleiskoekie, gekaramelliseerde uie, koljanderblare en die ander helfte van die rolletjie.