Die uitdaging - episode 10: Outydse ontbyt met volstruiseier en lewer

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

LEWER

500 g skaaplewer, vliese en are verwyder

sout en grof gemaalde swartpeper

botter en olyfolie vir braai

SUURSOUS

4 uie, grof gekap

3 knoffelhuisies, gekap

5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) rooipeper

5 ml (1 t) brandrissievlokkies

5 ml (1 t) paprika

sap van 4 suurlemoene

skil van 1 suurlemoen

150 g bruinsuiker

200 ml water

meel om die sous mee te verdik

  1. Lewer Sny die lewer in stukke en geur met die sout en peper.
  2. Verhit die botter en olyfolie in ’n diep riffelpan.
  3. Braai die lewerstukke vinnig aan weerskante tot net gaar. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
  4. Suursous Braai die uie en knoffel liggies in ’n bietjie botter en olie.
  5. Voeg die res van die bestanddele, buiten die meel, by. Laat prut tot al die suiker gesmelt en die speserye goed deurgekook is.
  6. Verdik die sous met ’n bietjie meel wat aangemaak is tot ’n pasta en kook deur. Roer. Sit voor met die gaar lewer.

KLIK HIER vir foto's van episode 10. 

- Kokkedoor is Donderdae, 21:00, op kykNET.