“My ma het my dié resep gegee en dit bly die lekkerste varktjops wat ek nog geëet het,” sê Charlené Tiearney van Nigel.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1-1¼ uur

6 varktjops

250 ml (1 k) koekmeel, gegeur

met sout en peper

30 ml (2 e) olie

30 ml (2 e) botter

2 uie, in ringe gesny

30 ml (2 e) kitskoffiekorrels

250 ml (1 k) kookwater

250 ml (1 k) druiweasyn

125 ml (½ k) gouestroop 10 ml (2 t) bruinsouspoeier sout en vars gemaalde peper Voorverhit die oond tot 150 °C.

  1. Keep die vetkante van die varktjops in. Rol die tjops baie deeglik in die gegeurde meel.
  2. Maak die olie warm, braai die tjops alkant goudbruin en pak in ’n groot oondbak.
  3. Verhit die botter en braai die uie tot sag. Los die koffiepoeier =in die kookwater op en voeg dit saam met die asyn, stroop en souspoeier by die uie. Proe en geur met die sout en peper. Laat prut tot verdik.
  4. Giet die sous oor die tjops, bedek die bak met foelie en bak 45 minute tot ’n uur, of tot die tjops sag is.
  5. Sit voor met gaar, gekneusde aartappels en gekapte, vars pietersielie.