Smeer dan marinade oor en rooster tot effens geskroei en klewerig.

Genoeg vir 4

Bereiding: 10 min.

Marineer: 30 min.

Gaarmaak: 45 min.

500-750 g beeskortribbetjies

MARINADE

80 ml ( k) tamatiesous

80 ml ( k) heuning

45 ml (3 e) sojasous

30 ml (2 e) soet brandrissiesous

15 ml (1 e) olie

2 ml (½ t) mosterd

KAPOKGROENTE

250 g botterskorsie, geskil

250 g oranje patat, geskil

2 aartappels, geskil

45 ml (3 e) botter

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en spuit met kossproei.

  1. Marinade Meng al die bestanddele. Bedek die ribbetjies met die marinade en laat minstens ’n halfuur marineer.
  2. Pak die ribbetjies op die draadrakkie en rooster 45 min. Draai die ribbetjies gereeld en smeer met die orige marinade.
  3. Kapokgroente Kook die groente tot net-net gaar.
  4. Druk al die bestanddele saam fyn en geur met die sout.
  5. Sit voor saam met die ribbetjies en vars koljanderblare.