Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 20 min.

1 pakkie (70 g) geel kerriepasta

1 blik (400 ml) klapperroom of -melk

375 ml (1½ k) water

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

’n hand vol grondboontjies, gerooster

2 rooi rissies, gekap

’n hand vol vars koljander, grof gekap

  1. Braai die kerriepasta liggies in ’n pot om die geur en aroma vry te stel.
  2. Voeg die klapperroom of -melk en water by en laat kook.
  3. Voeg die hoender by en laat 15 min. prut.
  4. Skep die hoender-klapper-mengsel in vier diep bakkies en garneer met die grondboontjies, rissies en koljander.

Hope Malau