GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaaktyd: 25-30 min.

4-6 varkworsies

1 heel knoffelbol, gehalveer

250 g kersietamaties op die stingel

paar takkies roosmaryn

sout en pas gemaalde peper

roosterbrood en roereier vir voorsit

Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n bakplaat met olyfolie.

  1. Pak die worsies en knoffelbolhelftes op die bakplaat en rooster dit 15 minute in die voorverhitte oond.
  2. Verwyder die bakplaat uit die oond uit en draai die worsies om. Versprei die tamaties en roosmaryn tussen die worsies, geur met die sout en peper en rooster nog 10-15 minute of tot die tamaties begin bars.
  3. Druk die knoffelpuree uit en smeer dit op die roosterbrood.
  4. Sit voor saam met die roereier.