Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 2 uur 20 min.

45 ml (3 e) olie

4 klein varkskenkels

1 ui, in skywe gesny

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) vars gemmer, fyn gerasper

1 kaneelstok

5 naeltjies

5 peule kardemom, fyngedruk

10 ml (2 t) brandrissievlokkies

10 ml (2 t) borrie

10 ml (2 t) garam masala

1 x 400 g-blik mango’s

10 ml (2 t) suiker

1 x 400 g-blik klappermelk

250 ml (1 k) water

1 suurlemoen se sap

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Verhit die olie in ’n oondvaste pot oor matige hitte. Verbruin die varkskenkels tot goudkleurig. Haal uit en sit eenkant.
  2. Voeg die ui, knoffel en gemmer in dieselfde pot en kook 5 min. tot die ui sag is. Voeg die kaneel, naeltjies, kardemom en brandrissievlokkies by en roer deur tot geurig.
  3. Sit die skenkels terug, voeg die borrie en garam masala by en kook 2 min. Voeg die mango’s en suiker by en meng. Roer die klappermelk, die helfte van die water en die suurlemoensap in.
  4. Bedek en bak 2 uur of tot die vark sag is. Voeg nog water by soos nodig. Geur en sit voor.