MAALVLEIS

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies,

fyngedruk

15 ml (1 e) olie

500 g maalvleis

30 ml (2 e) kerriepoeier

45 ml (3 e) blatjang

QUESADILLAS

4 tortillas

200 g spinasie,

gekap

200 g mozzarella, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Maalvleis Braai uie en knoffel in olie. Voeg res van bestanddele by; roerbraai tot gaar.
  2. Quesadillas Pak ’n tortilla op ’n plaat, sit ’n derde van die vleis, spinasie en kaas bo-op, herhaal. Eindig met ’n tortilla.
  3. Bedek met foelie, bak 15 minute, verwyder foelie, sprinkel nog kaas en rooster tot gesmelt.
  4. Sny in skywe; sit voor.