Genoeg vir 6-8 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Kooktyd: 1 uur

500 g lamsvleis, in blokkies gesny

sout en peper

15 ml (1 e) olyfolie

2 uie, gekap

2 groenrissies, ontpit en gekap

2 kerrieblare

45 ml (3 e) geroosterde masala of kerriepoeier

2 blikke (410 g elk) gekapte tamaties

250 ml (1 k) water

15 ml (1 e) suiker

’n hand vol vars koljander, gekap

1 heel brood, ongesny

1 Geur die lamsvleis met die sout en peper.

2 Verhit die olie in ’n kastrol en seël die vleis aan albei kante tot goudbruin. Haal uit die kastrol en laat staan eenkant.

3 Braai die uie, rissies, kerrieblare en masala/kerriepoeier in dieselfde pan tot bruin. Voeg die tamaties en water by en laat 10 minute prut.

4 Voeg die suiker by en sit die vleis terug in die kastrol. Laat prut nog 45 tot 50 minute, versier met die koljander en haal van stoof af.

5 Sny die brood in die helfte en haal die binnekant uit. Vul die brood met die kerriemengsel en sit dan die verwyderde brood bo-op. Sit op ’n bord en laat elkeen ’n stuk van bo af sny.