Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

Sous

15 ml (1 e) olie

1 ui, in ringe gesny

2 ml (½ t) fyn koljander

15 ml (1 e) geroosterde

matige kerriepoeier

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn gemmer

500 ml (2 k) room OF helfte room, helfte melk

sout en peper

60 ml (¼ k) gekapte koljanderblare

160 ml (²/3 k) sultanas, in kookwater geweek

2 ryp piesangs, in skyfies gesny

Vleis

6 varknek-steaks

sout en peper

olie

  1. Sous Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot glansig.
  2. Voeg die speserye by en meng deur.
  3. Giet die room of room en melk by, geur met die sout en peper, bring tot kookpunt en laat prut tot die sous effens verdik het en geurig is
  4. Roer die koljanderblare, sultanas en piesangs by. Hou eenkant.
  5. Vleis Geur die vleis met sout en peper, smeer met die olie in en rooster 15 minute op matige kole tot mediumgaar.
  6. Skep die kerriesous oor die tjops en sit voor met slaai en braaibroodjies.